Friday, October 3

Jupiter se mane toe sterre



En toe flous Jupiter ons lelik tydens die waarnemingsaand dié naweek. Twee van die mane is toe sterre in die omgewing. Loer bietjie na die sterkaart wat met TheSky 6 saamgestel is.

Ons het die "anderse" formasie gesien en nie eintlik gewonder daaroor nie. Thinus van der Merwe het toe Woensdagaand (1 Oktober 2008) dieselfde driehoekige formasie van Ganymede, Europa en Callisto gesien. Loer na die pdf-dokumen Dit was die regte mane.

Saterdag is daar `n driehoek gevorm deur Europa Io en .... `n ster - Hip 92980 (Mag 7.5). Net bietjie verder in die oogstuk was Callisto en Hip 92931 (Mag 5.9), nog `n ster. Loer na die pdf-dokument Die ander mane was in daardie stadium agter Jupiter verskuil.

Is ek reg met die aannames en leunstoelwaarneming op TheSky6?
Laat weet gerus
Groete
Hannes Pieterse

No comments: